Search This Blog

Monday 11 June 2018

Kakefonie


Wees stom, wees stil en moenie praat
die wêreld is reeds oorgewig aan raad
Hou dus jou mond en jou opinie
weg van hulle wat dit nie verdien nie.

Spits jou ore in die stilte, luister fyn
na hulle wat in die geraas verdwyn
want hulle klanke dra ook gewig
maar slegs vir diè wat hulle daarop rig.

Maak oop jou oë, kyk om jou heen
wat hierdie oomblik aan jou leen
Besef dan ook dat klank verstom
as gefokusde beelde na vore kom.

Wanneer dan jou stem-basuin
uiteindelik in die niet verdwyn
en dit wat vir jou so belangrik was
op die rak sit van jou poppekas,
weet dan dat dit wat tel nie altyd raas,
maar jou met stomheid kan verbaas.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...