Search This Blog

Friday 1 June 2018

Oggendgroet


Die oggenduur roep my naam
wil hê dat ek nou op sal staan
maar ek sluimer onder die doek
vertel hom hy moet elders soek.

Die oggend wil nie stilbly nie
sy koue vingers wil my kielie
tot ek uiteindelik maar opspring
lus vir die bekende koffie-ding.

O, Oggend,! laat my eerder staan
en laat die son op sy weg gaan
wyl ek nog eens 'n uiltjie knip
voor ek oplaas by die bed uitglip.

Die oggend steur hom nie aan my
lag my uit oor my gestryery
hy weet goed ek het reeds ontwaak
my oop oë stel my aan die kaak.

Goed dan, Oggend, wys my wat jy het
wat my so dringend uit die bed
moes jaag om hiedie dag se kou
van naderby te gaan beskou.

Die oggend roep die son se rooi
om die koue lug in warmte te tooi
en gee my hoop vir hierdie dag
en alles wat moontlik op my wag.

Ek sluit my oë in dankbaarheid
oor my koppie koffie en beskuit
oor my warm bed en ook die huis
en almal daar binne, veilig tuis.

Met stille vrede in my gemoed
besluit ek om hierdie dag te groet
as een wat ek by God ontvang
om aan my lewensboom te hang.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...