Search This Blog

Thursday 21 June 2018

Expat


Neem my weg op hierdie vlug
maar bring my voete weer terug
plant hul dan weer in die sand
van my geliefde vadersland.

Hierdie vlug is onvermydelik
maar maak dit asseblief net tydelik
Gee dat ek nie vir altyd deur
my rug op my volk en land sal keer.

Ek vlug van geweld en misverstand
ek vlug van 'n nasie wat met haat brand
ek vlug van onmin, onreg en kwaad,
sake wat my die land laat verlaat.

Tog bly daar 'n hunkering in my siel
na die Karoo-sonbesie se dansende riel
na die platgekamde kruin van Tafelberg,
na die Vrystaatgrond wat reën van God verg.

Ek verlang na die lug wat bo my uitstrek
sonder maat, sonder grens, geheel onbeperk
Ek verlang na mielies, skaapstert en vetkoek
na dinge wat ek verniet in 'n ander land soek.

Gee my my 'n land sonder grense of perk,
gee my 'n land waarin ek kan werk,
gee terug my menswees, sorgeloos vry,
gee my 'n land waar ek veilig kan bly.

Berigte van moord, verkragting en haat
veroorsaak dat ek hierdie land nou verlaat,
maar ek bly hoop om eendag terug te kan kom
na 'n veranderde, vreedsame mensdom.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...