Search This Blog

Monday 23 July 2018

Die fotomodel


Deur die veld het ek gestap,
versigtig om die mis getrap
My kamera was om my nek,
gelaai met fotos van diè plek.
Dis toe ek op die ding afkom
wat my verwonderd laat verstom;
'n olifantkalf met haar ma -
wat meer kan 'n mens voor vra?
Die kamera was uit, gereed
om seker te maak dat ek nie vergeet
van hierdie tere ontdekking
in die veld waar die sonbesies sing.
Maar toe gee die ma 'n harde fluit
toe sy haar neus in my rigting snuit
en ek besef ek sal moet verkas,
want sy weet van my daar in die gras.
Die kort en die lank van die verhaal
is deur die koei se renons bepaal;
sy was toe nooit 'n fotomodel,
soos my kamera se stukke van vertel.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...