Search This Blog

Wednesday, 25 July 2018

vergryp


kom saal my op en ry my bloots
verkoop my dan sommer voetstoots
ek het my waardes prys gegee
het dit summier onder die mat gevee
het jy geweet en kon jy dink
dat jy my droesem leeg sou drink
dat ons mekaar nie sou aanvul
of het jy ook hieroor geen benul
miskien was ons twee nooit bedoel
en moes net wag dat dit oorspoel
maar toe gaan duik ons gretig in
voordat ons twee onsself besin
partymaal moet mens bietjie wag
mekaar hanteer met meer ontsag
want in oorhaastige vergryp
word dit wat groen is te vroeg ryp
en as jy daarna vind wat jy wil hê
word jy dit heel moontlik ontsê

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Leer van leed

My Vader, kan ek by U leer van menseleed en hul hartseer, want in myself is ek beperk, soek uitkoms in 'n wonderwerk Maa...