Search This Blog

Tuesday 17 July 2018

Goedheid en Guns


Goedheid en guns uit my Vader se hand,
maar hoe bring ek dit met geweld in verband,
en hoe verstaan ek finansiële swaarkry
en elke Christen wat onder siektes moet ly?

Is my God se hand dan skielik te kort
om al hierdie dinge vir ons uit te sort,
of is Hy skielik apaties en argeloos
al slaan die Satan sy kinders vuisvoos?

Of lê die skuld nie dalk aan eie wand?
Het ons nie verhouding vir leuens verpand,
sodat ons vaster in menslike retoriek glo
as in die Woord en die Gees wat ons kry van bo?

In wie se huis is dit wat jy elke dag bly
en met wie se kar is dit wat jy so lekker rondry?
Wuif jy die eienaars-kontrak nou rond
wat jou reg bewys op hierdie grond?

Weet jy jy sit die pot dan heel mis,
dat jy jou oor die feite hiervan misgis?
Jy besit niks hiervan uit verdienste nie
al redeneer jy ook so in jou egosentrie.

In 'n oomblik kan God dit van jou wegvee
as Hy jou, soos Job, aan die duiwel oorgee.
As jy dan staan sonder heenkome of skans,
sal jy die knie moet buig vir 'n tweede kans.

Dawid het iets van vernedering geweet.
Hy’t dit jonk al geleer, maar nooit nie vergeet;
sy amp en paleis het hy by die Vader gekry,
en dit was sy God se huis waar hy al die tyd bly.

Dawid was 'n eregas in hierdie paleis,
maar tuis soos in sy eie Vader se huis.
Die Gasheer moes vir die maaltye sorg
en die eregaste se veiligheid waarborg.

Te midde van hulle wat hom teenstaan,
het Dawid God se Herder-sorg verstaan,
Hy’t geweet dat al sou teëspoed om hom woed,
bly die guns van sy Vader altyd vir hom goed.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment

Abuse

How cold the steel of the blade, how warm my body’s embrace How hard the knuckle of the fist, how soft the surface of my skin Ho...